Rekenmeester, Darling
VEREISTES
• Naskoolse toepaslike Rekeningkundige Kwalifikasie
• Voltooide klerkskap sal voordelig wees
• 2-3 Jaar relevante ondervinding in soortgelyke rol
• Rekenaargeletterdheid in Pastel en MS Office is noodsaaklik
VERANTWOORDELIKHEDE
• Opstel ,bestuur en verspreiding van maandelikse bestuurstate
• Balansstaat rekonsiliasies
• Statutêre opgawes
• Volle debiteure funksie (Fakturering, Ontvangstes, State, Rekening Rekonsiliasie, Invorderings)
• Volle krediteure funksie (Verwerking van Betalings, Rekonsiliasie, Betalings, Navrae)
• Volle Kasboek funksie (Verwerking van betalings en ontvangstes, Rekonsiliasie, Kontantvloei)
• Verleen hulp met opstel van finansiëlestate
• Bystand verleen met die afhandeling van oudits
• Verseker dat spertye gehaal word
GEDRAGSDIMENSIE
• Positief
• Dinamies
• Akkuraat & Detail georiënteerd
• Goeie interpersoonlike vaardighede
• Eerlik & Betroubaar
• Effektief onder druk werk